Klik hier vir ons volledige geloofsbelydenis in PDF formaat

*Die Bybel

is deur God geïnspireer, foutloos, volledig, voldoende, onfeilbaar en ons finale gesag.

*God is drie-enig

– Vader, Seun, Heilige Gees.

*God

is die Geestelike Vader net van die wie Sy kinders is

*Jesus Christus

, volledig God en volledig mens tydens Sy aardse bediening, die enigste Middelaar tussen God en Mens

*Die Heilige Gees

word onmiddellik en permanent deel van ‘n Christen op die oomblik van wedergeboorte en oortuig ons van sonde, geregtigheid, en oordeel.

* Die mens

is deur God na Sy beeld en sonder sonde geskep. Die sondeval het die mens volledig van God geskei en die gevolg is fisiese en geestelike dood met verdoemenis tot ‘n ewige hel.

*Redding

kom volledig van God af. Met geen vermoë om homself te red nie is die mens totaal afhanklik van God se genade. Enige persoon wat berou het, sy sonde bely en in geloof vertrou dat Christus se versoendood voldoende is, word vrygespreek, met die Heilige Gees geseël, en ontvang die ewige lewe.

*Die Gemeente

is die liggaam van Christus en onafhanklik van eksterne outoriteit en beheer. Die doel van die gemeente is om God te verheerlik deur prediking, aanbidding, evangelisasie en onderlinge verhouding waar die een die ander bedien en as belangriker ag.