Ontmoet ons ouderlinge

Manie Grobler

Ouderling
E-mail Manie Grobler

Manie is ‘n Siviele-Ingenieur, woonagtig in Midrand. Hy ontmoet Maryke op die kampus van die Universiteit van Pretoria in 1989, gedurende sy finale jaar. (Moes ‘n ekstra jaar swot anders het hy haar gemis). Getroud op 14 Desember 1991. Hulle het vyf kinders, Monica (gebore 1997), Carla(1998), Zachie(2000), Talita(2007) en klein Rebecca(2010). Ontmoet Matt & Tina einde 2007 en is sedertdien saam betrokke by Midrand Christen Gemeente.

Cobus Bezuidenhout

Leraar
E-mail Cobus Bezuidenhout

Cobus is in Pretoria gebore, maar word van negejarige ouderdom af groot in Phalaborwa, die dorp met twee somers. Na hoërskool woon hy vir ‘n wyle in Nylstroom waarna hy uiteindelik die sirkel voltooi en terug in Pretoria beland. Dit is ook hier waar hy sy vrou Ronél ontmoet en die twee van hul is toe getroud in 2010. Die HERE seën hulle met twee pragtige seuns, Tristan (gebore 2013), en Caleb (gebore 2020). Cobus voltooi sy teologiese studies by Christ Seminary in 2021. Teen einde 2022 word hy beroep na Midrand Christen Gemeente waar hy tans dien as ouderling en prediker.