Manie is ‘n Siviele-Ingenieur, woonagtig in Midrand. Hy ontmoet Maryke op die kampus van die Universiteit van Pretoria in 1989, gedurende sy finale jaar. (Moes ‘n ekstra jaar swot anders het hy haar gemis). Getroud op 14 Desember 1991. Hulle het vyf kinders, Monica (gebore 1997), Carla(1998), Zachie(2000), Talita(2007) en klein Rebecca(2010). Ontmoet Matt & Tina einde 2007 en is sedertdien saam betrokke by Midrand Christen Gemeente.