Geskiedenis & Tydlyn
- 13 April 2008 Midrand Christen Gemeente (MCG) het ontstaan as kerkplanting vanuit Midrand Chapel. Ons eerste byeenkoms met 8 gesinne was op hierdie dag in die Sondagskool lokaal van Midrand Chapel. Matt Viljoen as ons pastoor en paar maande later Manie Grobler as Ouderling.
- 14 Februarie 2010 ‘n Kerkdiens word aangebied vir die gestremde inwoners van Cresset House in Glen Austin. Die uitvloei hiervan is ‘n noue verhouding met Cresset House, en later die gebruik van hul fasiliteite. Covid-19 het ‘n einde aan die gebruik van die fasiliteite gebring, maar die verhouding is nog gesond en gereelde interaksie vind steeds plaas.
- Januarie 2015 Frank De Wet sluit aan by MCG as mede-pastoor en dien saam met Matt Viljoen.
- Februarie 2019 Vyf jaar later vind ‘n gemeente plant vanuit MCG 15 gesinne, saam met Matt Viljoen en Hanrias Brink plant ‘n gemeente in die ooste van Pretoria – Pretoria Christen Gemeente (PCG).
- Desember 2020 Duan Du Toit sluit aan by MCG as mede-pastoor.
- 9 Januarie 2022 ‘n Groeiende behoefte ontstaan na ‘n Bybels gefundeerde gemeente in Centurion. 70% van MCG lidmate is woonagtig in die Centurion omgewing. Op hierdie datum vind ‘n tweede kerkplanting plaas in Centurion – Houtkruis Bybel Kerk (HBK). Pastore Frank De Wet en Duan Du Toit skuif albei saam met die planting van die gemeente in Centurion.
- Januarie 2023 Cobus Bezuidenhout word in 2022 na MCG as voltydse pastoor vanaf 1 Januarie 2023 beroep. Hy en sy gesin sluit by MCG aan.
- 13 April 2023 Viering van MCG se ontstaan (geboorte) 15 jaar gelede🙌🏻. Die Here was so goed vir ons. Ons het so baie mense sien kom en gaan. Twee nuwe gemeentes sien plant. So baie geleer📖📖. Ons sien uit om te sien wat die Here nog gaan doen in die volgende 15 jaar. 🎂🎉🙌🏻 Dankbaar vir die pad wat ons saam met elkeen van julle kan loop🙏🏻🙌🏻
Wil U graag finansieël bydra?
Bankbesonderhede:
Midrand Christen Gemeente
Bank: Standard Bank (takkode – 00 11 55)
Rek no. 202 449 297